Straight to glory!

My skoonma moes onlangs uit haar woonstel in die aftree-oord skuif na die versorgingsafdeling, met al die trauma daaraan verbonde. Die ergste is: daar is nie op die oomblik regtig plek vir haar in die versorgingsafdeling nie. Sy deel nou ‘n 4-bedsaal met drie Altzheimer-pasiënte. Dit is natuurlik geensins ideaal nie.

My dogter Matildie is in dié tyd by vriende in London waar sy ‘n kongres gaan bywoon het. Sy vertel toe vir hulle van haar ouma se dilemma, en die gasvrou verseker haar dat sy haar ouma op haar gebedslys sal sit en sal bid vir beter akkommodasie. Matildie verduidelik toe dat dit ‘n moeilike situasie is, want die enigste manier waarop daar vir haar ouma beter plek sal kan kom, is as een van die ander mense in die versorgingsoord doodgaan.

Waarop die vrou antwoord: “Yes, but if that person is a believer, she will go straight to glory!”

Inderdaad. Wat kan mens daarop sê? Amen! Halleluja!

image_pdfimage_print

Lewer kommentaar

Volg my

Kry kennisgewings