Gebed by Psalm 147

God van ontferming,
U ken elke ster wat u geskep het;
net so ken U ook die geheime van elke hart.
Versamel tog, in u liefdevolle genade, om u tafel
almal wat bevrees en gebroke is,
en almal wat verwond en in nood is,
sodat ons honger in die stad van u vrede
versadig mag word;
deur Christus wat ons vrede is.

vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England

image_pdfimage_print

Lewer kommentaar

Volg my

Kry kennisgewings