Nuwejaarsvoorneme

Ek het besluit om hierdie jaar te probeer om ’n minder oppervlakkige lewe te lei. Nie dat ek dink ek is vlak nie (ek hoop ek is nie), maar ek dink ek kan veel beter vaar as wat tans die geval is. Die ding is, die moderne lewe help ’n mens nie daarmee nie. Daar is net te veel wat ’n mens se aandag aftrek en verlei om met die verkeerde goed besig te wees.

Ek lees vanoggend ’n stukkie van Carel Anthonissen waarin hy skryf oor die verbruikerskultuur en hoe dit ons vervlak, omdat dit inspeel op ons ewige strewe na vermaak. Hy haal Neil Postman aan, wat skryf oor die Amerikaanse kultuur, maar dit is op ons ook van toepassing: “Modern education, journalism, religion, and almost all public discourse have largely taken the form of entertainment. Americans are indeed entertaining themselves to death.” Die aanlyn-artikel Selfies, Narcissism and Social Media skryf in 2016 hieroor: “74 percent of all images shared on Snapchat are selfies. 1,000 selfies are posted to Instagram every 10 seconds. There are 93 million selfies each day, which would represent 2,583,333 rolls of film. 19 out of 20 teens have taken selfies.” Ons sug nie net na kits-vermaak nie, ons is ook narsisties van nature. In beide gaan dit om die self. Ek en myself en wat ek wil, dít is koning.

Iets anders wat ek gelees het, het my ook weer laat dink oor die lewe. Carl Sagan het gesê: “What an astonishing thing a book is. It’s a flat object made from a tree with flexible parts on which are imprinted lots of funny dark squiggles. But one glance at it and you’re inside the mind of another person, maybe somebody dead for thousands of years. Across the millennia, an author is speaking clearly and silently inside your head, directly to you. Writing is perhaps the greatest of human inventions, binding together people who never knew each other, citizens of distant epochs. Books break the shackles of time. A book is proof that humans are capable of working magic.” Daar is soveel méér te doen as dit waarmee ek besig is, beginnende by God se Boek!

Hierdie jaar wil ek kies teen myself; wil ek kies om te leef met verwondering. Dit vra dat ek sal wegkyk van myself, my fokus wegskuif van wat ék wil en van hou, sodat ek die lewe kan waardeer as ’n gawe, sodat ek die Gewer van die lewe kan dien en my oor Hom verwonder en in Hom kan verbly, en sodat ek die mense om my kan raak sien en waardeer en koester.

Ek is nogal versigtig opgewonde oor 2019!

 

Naskrif: Ek dink hierdie meisiekind het die regte idee:

 

image_pdfimage_print

Lewer kommentaar

Volg my

Kry kennisgewings