Huwelik en gesin

Huwelik & Gesin

Ek is in 1978 getroud met Elmien (gebore Van der Merwe), ’n musiekonderwyseres en orrelis. Sy kom van die Koue Bokkeveld en is ’n broerskind van Boerneef. Ons het drie dogters: Matildie Thom Wium (dosent in musiekwetenskap aan die UV), Maryke van der Walt (besig met Ph.D. in Wiskunde in die VSA) en Elmientjie (swot B.Comm. Hons Operasionele Navorsing aan die US). Hulle aard gelukkig na hulle ma en is al drie musikaal.

Persoonlik

As ek myself moet beskryf, sou ek sê ek is ’n gesinsmens. Ek hou nie daarvan om weg van die huis en my mense te wees nie. Ek het ’n passie vir die Bybel, en ek skryf veral om mense te help om die Bybel beter kan verstaan.

Volg my

Kry kennisgewings