Jaco se Bybelkoerant

Die roeping wat ek van die Here ontvang het, is om VDM (Verkondiger van die Goddelike Woord) te wees. Dit doen ek as predikant, maar ek het ook ontdek dat die Here vir my ’n gawe gegee het om te skryf, en ek wil met Jaco se Bybelkoerant my skryf-gawe en my passie en roeping om die Bybel in mense se harte te laat leef saamsnoer.

In my hart koester ek u woord, sodat ek nie teen U sondig nie. (Psalm 119:11)

Alles in hierdie bediening is deel daarvan: die koerantberigte, die rubriek “Soos ek dit sien”, die gebede, die kortverhale en ook die preke. Dis bedoel om jou te help om die Bybel en veral die boodskap daarvan in jou eie lewe en denke te integreer.

Aan God die eer!

Volg my

Kry kennisgewings