1 Tessalonisense
Hierdie brief is een van die oudste geskrifte in die Nuwe Testament, en die eerste brief wat Paulus aan ‘n gemeente geskryf het.
Paulus en sy medewerkers was slegs ‘n paar weke in Tessalonika toe Joodse opstokers seker gemaak het dat hulle uit die stad verban word. Hulle het egter ‘n jong gemeente in die stad agtergelaat.
Nä ‘n kort draai in Atene gaan werk Paulus in Korinte, en hy stuur Timoteus om te gaan hoor hoe dit met die gemeente in Tessalonika gaan. Timoteus kom terug met ‘n baie positiewe verslag, maar ook met vrae wat die jong gelowiges gepla het, o.a. oor die wederkoms. Dit gee aanleiding tot hierdie brief.

1 Tessalonisense, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: 1 Tessalonisense 5
Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen. (vers 11) Baie gelowiges is bang vir die wederkoms. Mense sê mos jou lewe sal soos ’n rolprent voor jou afspeel, en alles sal dan uitkom. Ek moet sê, as dit waar was, sou ek...
Hoofstuk van die dag: 1 Tessalonisense 4
Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. (vers 3) Daar was ’n tyd in die kerk toe mense regtig erns gemaak het met hierdie voorskrif. Heilig beteken opsy gesit en volledig in God se diens. Dis nie net vir die super-Christene bedoel nie; dis ’n leefwyse wat...
Hoofstuk van die dag: 1 Tessalonisense 3
Dat ons ter wille van ons geloof vervolg sal word, staan vas. Dit weet julle. (vers 3b) Teenspoed is nie altyd die gevolg van sonde in jou lewe nie, al beweer voorspoedsteoloë dit. Teenspoed is soms deel van God se plan met ons. Beproewings maak jou geloof sterk (Jak...
Hoofstuk van die dag: 1 Tessalonisense 2
Ons prediking berus immers nie op dwaling nie, kom ook nie voort uit onsuiwer beweegredes nie en is sonder enige bybedoelings. (vers 3) Paulus verweer hom hier bes moontlik teen beskuldigings van die Jode, naamlik dat hy met onsuiwer motiewe mense gemanipuleer het ter...
Hoofstuk van die dag: 1 Tessalonisense 1
Sonder ophou bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus. (vers 2b-3) Die gemeente in Tessalonika het vir die hele destydse Griekeland (Masedonië...
Hoofstuk van die dag: 1 Tessalonisense (Inleiding)
Kyk gerus na hierdie video vir ’n goeie opsomming van die brief: https://www.youtube.com/watch?v=No7Nq6IX23c
Hits: 9