Jaco se Bybelkoerant – ‘n nuwe bediening

Welkom by Jaco se Bybelkoerant

Ek het begin met ‘n nuwe bediening wat deur middel van eposse op intekenaars se tafel beland. Jy kan ook my webwerf Jaco se Bybelkoerant besoek as jy wil sien waarmee ek besig is.

Ek het jou adres iewers gekry en die vrymoedigheid geneem om jou by my verspreidingslys by te voeg. Ek vertrou dat dit vir jou tot seën sal wees.

Natuurlik het hierdie epos ongevraagd op jou tafel beland, en ek wil glad nie ‘n oorlas van myself maak nie. Ek besef maar te goed dat die meeste mense se inmandjie hopeloos te vol is. Neem asb. die vrymoedigheid om uit te teken uit my verspreidingslys as jy so verkies (hoewel ek natuurlik hoop jy gaan dit nie doen nie!).

As jy dink hierdie bediening kan vir iemand wat jy ken, iets beteken, kan jy my laat weet deur hierdie skakel te volg.

Seënwense!

Jaco Thom

image_pdfimage_print

4 Responses to “Jaco se Bybelkoerant – ‘n nuwe bediening

  • ELMIEN THOM
    2 jare ago

    Ek hou baie van hierdie nuwe bediening.

    • Jaco Thom
      2 jare ago

      Dis ‘n voorreg om só met die Bybel besig te kan wees.

    • Riaan Odendaal
      2 jare ago

      Wow! Ek dink hierdie is great! In die laat negentigs het ek in my eerste gemeente die jeug hanteer en elke Sondagoggend tydens die kategeseskool se opening, ‘n berig uit die Bybelkoerant gelees. Dit het die wêreld van die Bybel vir die mense oopgemaak! Die ouers het later bankvas agter in die saal kom sit om te hoor!
      Dankie en baie seën!
      Riaan Odendaal
      NG Kerk Waterberg

      • Jaco Thom
        2 jare ago

        Ek is bly! Dit gee my sommer nuwe inspirasie. Dankie hiervoor.

Lewer kommentaar

Volg my

Kry kennisgewings