Here
U gee ons u seëninge in oorvloed terwyl daar so baie mense is wat gebrek ly.
Ons tafel was oorlaai met heerlike kos, terwyl daar vandag mense is wat smag na ’n stukke brood.
Ons huis is vol dierbares terwyl daar vandag mense is wat prewel: ek het niemand nie.
U het u Seun vir ons gegee, ons verlos en aan ons die lewe gegee, terwyl miljoene mense in die wêreld sonder U en sonder hoop leef en sterf.
Dat U vir ons só oneindig goed is, sal ons nooit kan verstaan nie, maar ons loof U daarvoor!
Amen.
Views: 20