Geseënd is U, God van ontferming en genade.
Aan U kom die lof en die eer toe vir altyd.
In die duisternis van ons sonde
breek u lig deur soos die dagbreek,
en ontspring u genesing om ons te bevry.
Ons juig oor die gawe van u verlossende hulp;
onderhou ons deur u milde Gees
en open ons lippe, dat ons u lof kan sing.
Geseënd is God, Vader, Seun en Heilige Gees.
Geseënd is God vir ewig.

Vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England

image_pdfimage_print

Views: 75

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.