Gebed om rus in God

na ’n gebed van Thomas à Kempis

Here, ons wil so graag in U rus vind;
in U eerder as in
gesondheid of skoonheid, eer of status;
mag of waardigheid, kennis of vernuf.

Skenk ons die genade om in U te rus
bo alle aardse rykdom en kunste,
roem en lof, vreugde of bevrediging;
bo alle wêreldse hoop en beloftes,
begeertes en verdienste.

Here, help ons om nie in die eerste plek
te jaag na die gawes wat U ons kan gee nie,
maar dat ons U die meeste van alles sal soek.
Here God, Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge,
gee dat ons harte in U alleen ons diepste rus sal vind.

image_pdfimage_print

Lewer kommentaar