Ons eer U, allerhoogste God, ons lig en ons heil,
aan U behoort die heerlikheid en lof vir ewig!
Hier, terwyl die skemer daal, was tog ons oortredinge weg,
reinig ons deur u louterende vuur
en maak ons tempels van u Heilige Gees.
Verdryf die donkerte uit ons harte deur die lig van Christus,
en maak ons gereed om u koninkryk in te gaan,
waar lofliedere vir altyd opklink.
Ons eer U, o God, Vader, Seun en Heilige Gees.
vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England
Views: 16