Genadige en goeie God
rondom die doopvont onthou ons vanoggend u regverdigheid en genade.
Ons onthou hoe U met ’n groot vloed regverdig geoordeel het oor die ongelowige wêreld.
Ook onthou ons dat U in u groot genade Noag en sy familie gered het.
Verder onthou ons dat U die farao en sy weermag in die Rooisee laat verdrink het, maar u eie mense droogvoets daardeur gelei het.
Ons dink ook aan die doop van Jesus, ons Here.
Daar is die water ’n teken gemaak van die heilsame vloed en volkome afwassing van al ons sonde.Ons bid dat U ons deur dieselfde genade sal beskerm en met ware geloof in die Gees sal seën, sodat hierdie reddende vloed alle sonde wat uit Adam in ons is, sal verdrink, ons wat deel is van die familie van gelowiges wat droog en veilig bewaar word in die ark van die kerk.
Laat ons u Naam ywerig bly dien en vreugdevol hoop,
sodat ons met alle gelowiges die ewige lewe volgens u belofte sal ontvang.Ons bid dit deur Jesus Christus ons Here.
Amen.
na aanleiding van Luther se Sondvloedgebed
Views: 67