Hemelse Vader,
ons pleit in nederigheid voor U:
laat niemand wat op U wag beskaamd staan nie,
nee, nie ’n enkele een nie.
Party is moeg, en die wagtyd lyk lank.
Ander is kleinmoedig en weet skaars hoe om te wag.
Nog ander is so vasgevang in die moeite van hulle gebede en hulle werk
dat hulle dink hulle het nie tyd om voortdurend op U te wag nie.
Vader, leer ons almal hoe om te wag.
Leer ons om aan mekaar te dink en vir mekaar te bid.
Leer ons om te dink aan U, die God van almal wat op U wag.
Vader, laat niemand wat op U wag beskaamd staan nie.
In Jesus se Naam.
Amen.
Andrew Murray, “Waiting on God”
Views: 73