Ons loof U, Here, Brood van die Lewe, wat ons voed.
Ons loof U, Here, Lig van die Wêreld, wat ons donkerte verdryf.
Ons loof U, Here, Deur van die Skape, wat ons toegang bied tot u Koninkryk.
Ons loof U, Here, Goeie Herder, wat u lewe aflê vir u skape.
Ons loof U, Here, Opstanding en Lewe, wat verseker dat die graf ons nie sal verswelg nie.
Ons loof U, Here, Ware Wingerdstok, omdat ons u lote is en in U mag bly soos U in ons.
Ons loof U, Here, Weg, Waarheid en Lewe, omdat ons deur U na die Vader mag kom.
Ons loof U, Here, Blink Môrester, wat die ewige dag aankondig.
Ons loof U, Here, Alfa en Omega, Begin en Einde, omdat U die laaste woord sal spreek.
Amen.

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.