Jy het dit dalk ook al beleef: jy lees ’n Bybelgedeelte, maar dit praat nie lekker met jou nie. Dis of daar mure om die teks is wat keer dat jy in die teks inkom. En dit is inderdaad so: daar Ãs mure wat ons keer om die teks te lees en te verstaan soos die eerste lesers en hoorders dit verstaan het – mure van tyd, van kultuur, van wêreldbeeld …
’n Teologie-professor van my, wyle prof. Nico Smit, het ’n beeld gebruik wat my al baie gehelp het as ek met ’n teks worstel en dit voel vir my die mure hou my buite. Hy sê in eksegese (die aktiwiteit om ’n teks te verstaan) moet ’n mens met die teks omgaan soos die Israeliete destyds vir Jerigo aangeval het. Jy onthou mos: ses dae lank moes hulle elke dag om die stad loop, en op die sewende dag sewe keer, en daar val die mure van Jerigo om en lê die stad oop voor hulle. Só, sê prof. Nico, is dit met eksegese ook. Soms moet jy maar om die teks loop, en weer, en weer, en dalk nóg ’n paar keer, totdat die mure om die teks omval en jy verstaan: dÃs wat God vir my wil sê!
Wat ’n wonderlik WOW-gevoel is dit nie om só by die boodskap van ’n gedeelte uit te kom nie! Nie wat ander gehoor of raakgesien het nie, maar wat jyself ontdek het. Dis soos die verskil tussen kitskoffie en varsgemaalde, varsgemaakte cappucino. Dis meer moeite om die ware Jakob te kry, maar dis oor en oor die moeite werd.