Kom haastig, Jesus!

“Kom haastig, Jesus!” bid die predikant.
“Ja, kom gou,” sê ’n boer, “kom gou!
Maar eers ná die oes, want van my nuwe land
het ek nog nooit die opbrengs aanskou.”

“Ja, kom gou,” sê ’n vrou, “maar laat ek eers
spaar vir die mooi jas wat ek gister
gesien het, dat ek hom kan aantrek
as die ACVV weer byeenkom.”

“Ja, kom gou,” sê die kind, “maar nie nou nie.
Ek moet nog met vakansie na die see gaan.
Kom liewer eers
wanneer die skool weer begin het.”

“Kom haastig, Jesus!” bid die predikant.
“Maar mag ek eers die nuwe praatjie hou
wat ek gemaak het vir die tieners
oor: ‘Eendag sal julle wel verstaan’?”

Die gebede kom in die hemel aan.
Die engele wat dit bring, swyg.
En Jesus vra: “Kan Ek vandag al gaan?”
Sy Vader sug: “Jy sal maar nog moet wag.”

Okke Jager

image_pdfimage_print

Lewer kommentaar

Volg my

Kry kennisgewings