by Jaco Thom | 31 Okt 2019 | Soos ek dit sien
Vandag presies 502 jaar gelede, op 31 Oktober 1517, het Martin Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker om die teoloë van sy tyd uit te nooi tot gesprek oor onder andere die aflaathandel van destyds. Dit word allerweë as die begin van die...
by Jaco Thom | 29 Okt 2019 | Koerantberigte
Van ons Nuwe Testament redaksie NASARET. – ’n Jong rabbi wat in Kapernaum en omstreke bekend is vir sy dinamiese prediking, het gister hier op die heilige Sabbatdag die sinagogegangers van sy tuisdorp só die harnas in gejaag dat hulle hom van die kranse af wou gooi....
by Jaco Thom | 27 Okt 2019 | Preke
Het jy ook al gewens die wêreld het anders gelyk? Dat God met die Bose finaal moet afreken sodat ons sonder sy invloed ons gang kan gaan? Want as jy so wens, is jy nie alleen nie. Jesus se dissipels het dit ook gewens. Jy sien, Jesus se dissipels het nie soos Hy...
by Jaco Thom | 24 Okt 2019 | Kortverhale
’n Ma vertel hoe sy haar kind moes laat offer deur Sara bat Tera Ek het in vyf dae stokoud geword. Dit het alles begin toe my man Abraham een aand van die altaar af huis toe kom om te kom eet. Sy gesig was so bleek soos ’n lap, en hy wou niks eet nie. Ek het my...
by Jaco Thom | 22 Okt 2019 | Koerantberigte
Van ons Ou Testament redaksie BABEL. – Koning Nebukadnesar het by ’n perskonferensie gister bekend gemaak dat hy verskeie beurse beskikbaar gaan stel vir studente uit Juda. Dit kom nadat Juda onlangs die nuutste toevoeging tot die magtige Babiloniese ryk geword het...