Gebed van Alcuinus van York (804)

Ewige Lig, verlig ons harte,
ewige Goedheid, verlos ons van die bose,
ewige Krag, wees ons ondersteuning,
ewige Wysheid, verstrooi die duisternis van ons onkunde,
ewige Erbarming, wees ons genadig;
sodat ons met ons hele hart, verstand, siel en krag
u aangesig mag soek, en deur u oneindige ontferming
in u heilige teenwoordigheid gebring mag word,
deur Jesus Christus ons Here.
Amen.

image_pdfimage_print

Lewer kommentaar