“Die koning vertrou op die Here en deur die trou van die Allerhoogste struikel hy nie.” (vers 8)

Die fokus van hierdie psalm is nie op wat die koning doen of gedoen het nie. Die fokus is volledig op God en wat Hy doen.

In ’n tyd van angstigheid en spanning oor wat van die wêreld gaan word, help dit nie om die hele tyd op jouself te fokus nie. Natuurlik is dit nodig dat jy dink wat jy kan of behoort te doen in die krisis, maar dit is nie waar ons primêre fokus lê nie. Ons kyk na die Here God. Dít is ons aandeel: met verwagting leef, die oë op Jesus (lees gerus Hebreërs 12:1-3).

As jy met só ’n fokus leef, begin jy al meer die seëninge uit God se hand raak sien.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.