“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here …” (vers 1)
Ons bely dat God die Skepper van alles is. Dit sê ons elke Sondag in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Wat Dawid in hierdie psalm onderstreep, is dat ons deel van God se skepping is; dat ons wat op die aarde woon, ook aan die Here behoort.
In hierdie dae van COVID-19 wat ons elkeen persoonlik bedreig, is dit goed om te onthou: jy en ek behoort aan die Here. Ons is nie aan onsself oorgelewer nie. Ons is in God se sorg, want ons behoort aan Hom. En Hy, so sê die psalm in vers 8, is sterk en geweldig, oorwinnaar in elke stryd. Hierdie God het in Jesus tot by ons gekom. Hý het die oorwinning behaal sodat ons skuld nie langer ’n muur tussen ons en God is nie; sodat ons nie voorgekeer word as ons na God se genadetroon wil gaan nie (Heb. 4:16). Ek en jy is deur die bloed van Jesus rein van hande en suiwer van hart gemaak.
Die wêreld is nie uit beheer nie. Die Here, sterk en geweldig, hou ons vas. Jy kan na Hom vlug met jou nood.
Views: 28