“Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só:” (vers 1)

’n Mens is half uitasem as jy die eerste hoofstuk van Markus gelees het. So baie gebeur! En dit gebeur haastig, vinnig, dadelik. Markus gebruik sterk woorde om dit te beskryf: gestroom (5); onmiddellik (18, 42); dadelik (20, 43); reguit (21, 29). Boonop is Jesus se eerste woorde ook kort en kragtig (15): “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Dis asof Markus haastig is om by die doel van sy vertelling te kom: Ons moet weet Jesus is die Christus, die Seun van God (1).

Te midde van hierdie vinnige opeenvolging van gebeure glip Jesus die oggend vroeg weg na ’n eensame plek (35). Want Hy besef Hy het stilte nodig as Hy bid en met sy Vader praat.

Ons kan ons in ons raserige, oorbedrywige wêreld nie altyd op ’n eensame plek afsonder soos Jesus nie, maar daar is ’n paar goed wat ons wel kan doen, soos om jou foon op “super silent” te sit, die deur toe te maak, of ’n tyd te kies wanneer mense jou nie onderbreek sal nie. Dis wat Jesus gedoen het.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.