“Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.” (vers 35)

In die Johannes 1:11 staan daar: “… tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.” ’n Mens lees half vinnig daaroor. Maar in Markus 3 sien jy die werklikheid: Die Fariseërs wou Hom doodmaak (6); die skrifgeleerdes sê Hy is van Beëlsebul besete (10); selfs sy eie familie aanvaar Hom nie. Hulle sê Hy is van sy kop af (21) en wil selfs nie in sy huis ingaan nie (31).

Laat ons eerlik wees: Jesus is nie soos ons Hom wil hê nie. Hy is anders, want Hy is die Seun van God. En in dié dae met die virus-pandemie maak God ook nie soos ons wil hê nie. Mense raak siek en party gaan dood. In só ’n tyd is dit maklik om te vra: Maar waar is God? Is dít hoe ’n God van liefde met sy mense maak?

Onthou in dié dae dat Jesus nie gekom het om die wêreld met ’n towerstaffie te verander nie. Hy het gekom om te dien. Dís waar jy God sien: waar gelowiges, soos Jesus, liefhet en ander dien. Vir hulle noem Hy sy familie.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.