“Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” (vers 40)
Twee sake in dié hoofstuk staan vir my uit. Die eerste is die gelykenis van die saaier wat aanhou saai, al sal al die saad nie vrug oplewer nie. Ek loop al ’n hele ruk met die gedagte in my kop dat ons draers van hoop moet wees. Ons moet hoop saai. Party mense sal jou aflag; ander sal jou ignoreer of met jou baklei, maar moenie dat dit jou moedeloos maak nie. Jou lamp móét skyn (vers 21). Dis jou roeping in dié dae.
Die ander saak is natuurlik die storm. Hoe het Jesus dit reggekry om dwarsdeur alles te slaap? Sekerlik omdat Hy geweet het Hy en dié saam met Hom is veilig, beskerm deur God se almag.
Moenie soos die dissipels benoud en paniekerig word in dié dae nie, al is dit ’n groot storm wat oor ons gaan losbars. God sal jou nie los nie!
Soos Paulus in Rom 8:38-39 gesê het: “… geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie …”
Views: 5