“Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” (vers34)

Ons lees in dié hoofstuk van ’n vrou 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely. Sy was raadop. Die dokters kon nie help nie. Toe hoor sy van die Here Jesus. Sy het geglo dat Hý haar kan genees, en daarom wou sy tot elke prys by Hom uitkom. As sy maar net aan sy klere kan raak … Toe doen sy dit, en word gesond.

Jesus het natuurlik geweet wat sy gedoen het, en die vrou het besef sy is in groot moeilikheid. Sy, ’n vrou, het haar aan Jesus opgedring terwyl Hy op pad was om ’n belangrike man se dogter te help. Hoe reageer Jesus? Nie veroordeling nie, maar genade! “Gaan in vrede.” Hoe dan anders? God se koninkryk is vol genade, goedheid, liefde en vreugde. God gee om vir mense in nood en ellende. Mense se leed en swaarkry raak Hom, en daarom help Hy hulle.

Ons kry in dié verse ’n klein kykie in God se hart. Ons sien hoe God voel oor mense in nood. Daarom kan ons met hoop leef. Dít is die evangelie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.