“Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op ’n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense.” (vers 5-6)

Markus gaan in hierdie hoofstuk voort met die een berig ná die ander oor Jesus se almag, sy omgee en deernis ten spyte van groot persoonlike opoffering. Die skares stroom agter Hom aan; vertrap Hom amper.

En tussen-in kom die verwerping deur sy eie mense in sy tuisdorp Nasaret; só erg dat Jesus verbaas gestaan het oor hulle ongeloof. Dis nogal erg, want Jesus het mense geken en geweet wat Hy aan hulle het of nie het nie. Maar Nasaret se ongeloof vang Hom onkant.

Wat my tot nadenke stem, is dat hulle ongeloof die rede was dat Hy daar nie wonderwerke kon doen nie. Wat my ontstel, is dat my en jou ongeloof God aan bande kan lê. In hierdie dae van COVID-19 kan ons dít nie bekostig nie! Daarom is dit ons roeping om nou meer as ooit onwrikbaar te bly glo en ons oë met hoop na Bo te draai.

image_pdfimage_print

Views: 1

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.