“Niks wat van buite af in ’n mens ingaan, kan hom onrein maak nie; maar die dinge wat uit ’n mense uitkom, dit maak hom onrein.” (vers 15)
Hierdie kwessie is so oud soos die berge: dat mense dink hulle beïndruk God met allerhande selfgemaakte reëls en wette. Nee, sê Jesus. Die belangrike is nie of ons allerhande godsdienstige reëls nakom nie, maar wat in ons hart aangaan, en in ons kop. Op ’n ander plek (Luk 6:45) het Jesus mos gesê: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Jesus gee ook sommer ’n lysie van slegte dinge wat ons onrein kan maak (Mark 7:22-23): onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinningheid.
So kom ons toets onsself vandag: Wat leef in jou hart? En wat kom by jou mond uit? Kan God dit maar hoor? Kan Hy maar in jou hart inkyk?
Views: 13