“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg …” (vers 34)
Markus hou in hoofstuk 8 vir ons twee prentjies op. Die een is van Jesus wat die mense innig jammer gekry het en dit nie oor sy hart kon kry om hulle sonder kos huis toe te stuur nie (vers 2-3). Die ander is van Petrus wat dwars in Jesus se pad gaan staan omdat hy nie kon aanvaar dat Jesus se pad oor Golgota moes loop nie. Hy wou ’n triomferende Messias gehad het wat alle opposisie voor hom uit die pad moes vee, veral die Romeine soldate (vers 32). Jesus se sagte aanslag het hom dwars in die krop gesteek.
Die ding is, as ek en jy Jesus wil volg, mag ons eie ideale nie belangriker as Hy wees nie. Dan moet ons volg waar Hy lei. Dan moet ons word soos Hy, wat mense wat swaarkry, innig jammer gekry het. Dit is immers hoekom Hy kom sterwe het – Hy het vir jou en my innig jammer gekry (Joh 3:16).
Kom ons volg Hom dan met oorgawe!
Hits: 3