Hy sê toe vir die boom: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.” (vers14)

Sou die spanning oor sy naderende dood breekpunt bereik het, dat Jesus dit op die stomme vyeboom uithaal? Dit lyk my nie so nie. Die vyeboom wat sonder vrugte gestaan het, was eerder ’n simbool van die Joodse volk wat nie aan God se doel vir hulle beantwoord het nie. Jesus het by die Jode vrugte gesoek, maar nie gekry nie.

Dieselfde gebeur later, toe Jesus by die tempel kom. In plaas van ’n gebedshuis vir al die nasies het dit in ’n onheilige geldmaakplek ontaard, waar korrupsie en uitbuiting aan die orde van die dag was. ’n Rowersnes, sê Jesus. Soos met die vyeboom, tree Hy by die tempel ook ferm op. Iets wat nie aan God se doel beantwoord nie, kan nie voortbestaan nie.

As die dissipels Jesus hieroor uitvra, is sy verduideliking eenvoudig: God vra geloof in Hom (vers 22); geloof waarin daar nie plek is vir ander prioriteite of ’n verdeelde hart (vers 25) nie. Dan sal Hy ons gebede verhoor.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.