Van ons Nuwe Testament redaksie
JERUSALEM. ā Die dissipels van wyle rabbi Jesus van Nasaret beweer dat hulle gister van hom afskeid geneem het toe hy na die hemel opgevaar het.
Die raaisel rondom rabbi Jesus se dood ses weke gelede bly steeds verdiep. Dit het begin drie dae nadat hy begrawe is. Die dissipels beweer dat hy weer lewend geword het en by meer as een geleentheid aan hulle verskyn het. Die wagte wat die graf bewaak het, het egter diĆ© bewerings ontken. Hulle sĆŖ die dissipels het sy liggaam uit die graf gesteel terwyl hulle geslaap het.
Nou sĆŖ die dissipels dat hy op ān wolk na die hemel toe opgevaar het.
Rabbi Jesus is voor sy dood gehuldig as die langverwagte Messias wat sou kom om die volk te bevry. Vergesigte oor ān Joodse Republiek, vry van Romeinse onderdrukking, is gesien. Met sy kruisiging is diĆ© drome egter verpletter. Waarskynlik sal die stories oor hom ook nou ophou.
- Lees van Jesus se hemelvaart in Hand. 1:1-11.
Ā
GIDEON DALK ISRAEL SE EERSTE KONING?
Van ons Ou Testament redaksie
OFRA. ā Na die skittersege van die afgelope week oor die Midianiete lyk dit na ān uitgemaakte saak dat die volk Israel die held van die oorwinning, Gideon seun van Joas, as hulle koning gaan kroon.
ān Afvaardiging van stamleiers het ān afspraak om Gideon mĆ“re hier in sy geboortestad te kom spreek. Die verwagting is dat die koningkwessie dan bespreek sal word. Indien ān ooreenkoms bereik word, kan die kroning al so gou as oor ses weke geskied. Kenners verwag egter dat Gideon sal verkies dat die kroning tydens die huttefees sal plaasvind. DiĆ© fees, wat van 15 tot 22 Etanim duur, is oor vier maande, en dit sal hom genoeg tyd gee om alles vir die kroning gereed te kry. Die volk trek in elk geval jaarliks na Silo toe op vir die huttefees, sodat dit ān baie gepaste geleentheid kan wees. Gideon sal dan na alle waarskynlikheid op die groot dag van die fees, dit wil sĆŖ die laaste dag, 22 Etanim, tot eerste koning van die volk Israel gekroon word. Die algemene gevoel is dat die hoĆ«priester Sagaria Gideon tot koning sal salf.
Die Israeliete koester al lank die ideaal om ān eie koning te hĆŖ, maar ān geskikte persoon het hom net nooit voorgedoen nie. Met Gideon se kragdadige optrede, eers teen die Midianiete, en toe later teen die stede Sukkot en PniĆ«l omdat hulle hom nie in sy veldtog wou steun nie, het hy nou gewys dat hy van die regte stoffasie gemaak is om oor die volk te regeer. Sy onverskrokke optrede vroeĆ«r vandeesmaand in Ofra om die stad van BaƤldiens te suiwer, tel ook in sy guns.
- Lees meer hieroor in Rig. 8:4-23.
Ā
Laat u koninkryk kom
āLaat u koninkryk kom.ā So leer die Here Jesus ons bid in die Ons Vadergebed (Luk. 11:2). DĆt is nie ān maklike gebed om te bid nie, want dit gaan teen ons grein in. Nie God se koninkryk nie, maar ons eie aardse koninkryke weeg maar alte dikwels vir ons die swaarste in ons ideale en strewes. Met Jesus se dissipels was dit nie anders nie. Selfs nog in die gewigtige oomblikke van afskeid is hulle met hulle eie koninkryk besig, sĆ³ besig dat hulle skaars aandag gee aan Jesus se afskeidsadres aan hulle. Daarom wil hulle by Hom weet: āHere, is dit nou die tyd dat U weer die koninkryk vir Israel gaan oprig?ā (Hand. 1:6).
Gideon het in diĆ© opsig ān beter begrip vir God se werkswyse as Jesus se dissipels gehad. Toe hy voor die versoeking gestel is om self koning in sy aardse koninkryk te word, wys hy dit van die hand. āEk kan nie oor julle regeer nie … Die Here regeer oor julle,ā was sy antwoord aan die volksleiers (Rig. 8:23).
Nee. Jesus leer ons om te bid dat GĆ³d se koninkryk sal kom in hierdie wĆŖreld. Dat Hy sal regeer in ons lewe. Hy het nie gekom sodat ons eie koninkryke opgerig kan word nie. Ons is immers vreemdelinge in hierdie wĆŖreld, op pad na ons hemelse vaderland.
Bid jy met oorgawe en gewilligheid dat God se koninkryk sal kom, ook in jou wĆŖreld en jou lewe?