Here God
Voor ons op die tafel is brood en wyn;
’n klein stukkie brood vir elkeen, en skaars ’n slukkie wyn.
En tog is dit soveel meer – dit is Uself wat U hier voor ons kom breek en uitgiet.
Want dit is nie net brood en wyn nie, dit is u liggaam, u bloed, geoffer vir ons.
Dankie, Here, vir u offer. Dankie dat U ons só liefhet.
Ons voel onwaardig dat U die hoogste prys betaal het vir ons, want ons is sondaars wat niks by U verdien nie.
Ons prys U oor u groot liefde en genade vir ons.
Seën ons dan nou wanneer ons die brood eet en die wyn drink.

image_pdfimage_print

Visits: 1432

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
fb-share-icon20
Tweet20
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.