Here Jesus, ons loof en aanbid U!

U het u bediening honger begin, tog is U die brood van die lewe.
U het u aardse bediening dors geëindig, tog is U die lewende water.
U was moeg, tog gee U ons rus.
U het belasting betaal, tog is U ons Koning.
U is van duiwelbesetenheid beskuldig, tog dryf U duiwels uit.
U het gehuil, maar vee ons trane af.
U is vir dertig silwerstukke verkoop, tog het U die hele wêreld losgekoop.
U is soos ’n lam ter slagting gelei, tog is U die goeie herder.
U het gesterf, en daardeur die mag van die dood oorwin.

Here Jesus, ons loof en aanbid U!

(nav woorde van Gregorius van Nazianzus)

image_pdfimage_print

Views: 31

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.