God ons Redder,
U het aan ‘n wêreld in donkerte gehul lig gegee
deur die helende krag van die Verlosser se kruis:
laat daardie lig tog oor ons skyn,
sodat ons, deur die reinheid van ons lewens,
die lig van Christus mag weerkaats
en, deur die verdienste van sy lyding,
tot die lig van die ewige lewe mag kom;
deur Jesus Christus u Seun ons Here,
wat leef en met U regeer
in die eenheid van die Heilige Gees,
een God, nou en vir ewig.

vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England

image_pdfimage_print

Views: 32

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.