God van alle lewe,
U het nog altyd u liefde aan mense betoon.
In Jesus, u Seun, het U tot by ons gekom.
Hy het aan siekes genesing en vrede gebring.
Deur sy goedheid en versoening
het Hy ’n nuwe toekoms geopen
vir mense wat verlore was.

Kom ons ook in hierdie dae van onrus en onsekerheid
tegemoet met die Gees wat vir Jesus besiel het.
Gee ons kalmte, wysheid en moed
om te onderskei wat ons kan doen om ander te ondersteun
en hierdie krisis te help oorwin.

Gee dat, noudat ons almal so bewus is van ons eie kwesbaarheid,
ons sal groei in hoop en vertroue.
Laat ons bly glo dat U alles ten goede laat meewerk.
Deur Christus, ons Here.


vertaal uit kerknet.be

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.