Ek is tans besig om my boeke te laat herdruk, en/of digitaal te publiseer in ePub of in mobi-formaat. As jy ‘n boek van my soek en nie kan opspoor nie, kontak my gerus. Ek sal ‘n plan probeer maak.
Intussen het ek wel ‘n boek onlangs laat herdruk, indien jy dalk belangstel: Mans uit die Bybel. Die skakel na die uitgewer is http://groep7-selfpublish-books.co.za/product/mans-uit-die-bybel-jaco-thom/
My ondervinding is dat hulle nogal vinnig met hulle versending is, so jy sal dit voor Kersfees kan kry as jy gou spring.
Seënwense vir Kersfees!
Views: 12