Ons dank U, Jesus Christus, dat U by ons is, al die dae van ons lewe.

Dankie dat U by ons is
∙ as ons bly is, om saam met ons te juig
∙ as ons vrolik is, om saam met ons te lag
∙ as ons hartseer is, om saam met ons te ween
∙ as ons gespanne is, om die senuwees te kalmeer
∙ as ons raadop is, om die regte pad te wys
∙ as ons in versoekings kom, om ons te help stry teen die duiwel en sy liste
∙ as ons eensaam is, om ons te laat verstaan ons is nie alleen nie
∙ as ons ontredderd is, dat ons kan weet daar is Iemand wat verstaan
∙ as ons moeg is, om nuwe krag te gee
∙ as ons in ons sondenood vasgevang is, om ons van sonde te verlos.

Dankie dat U vir ons geword het: Immanuel, God by ons.

Amen.

image_pdfimage_print

Views: 793

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.