Met vergunning van Rudi Swanepoel
Here Jesus, nederige Heerser oor die heelal,
Ons ouer broer Paulus het goed verstaan dat dit bykans onmoontlik is om te bid in tye van diep donkerte. Hy het ons
verseker dat die Gees vir ons intree wanneer ons woorde op raak en ons nie weet wat om te bid nie.
Ons ken dit gevoel: die ontoereikendheid van ons woorde.
Maar in hierdie dae besef die mense van die Oekraïne dit beter as ons.
Heilige Gees, tree asseblief in vir hulle en bid met hulle. En met ons.
Bid vir die ou man wat aangemeld het om te veg om sy kleinkinders te red;
vir die vroue wat matrasse voor hulle vensters druk;
vir die soldate wat hulle kinders groet;
vir die kantoorwerkers wat hulle troeteldiere in die ondergrondse treinstasies streel, en hoop dat die elektrisiteit sal aan bly.
Here, wees genadig!
Here Jesus, ons wil nie onthou dat U ons geleer het om ons vyande lief te hê en te bid vir bose regerings nie. Maar ons
onthou dit tog.
Daarom, al wil ons nie, bid ons vir hulle: die magshongeriges, die gekkes, die boses.
Here, wees hulle ook genadig, maar stop hulle intussen in hulle spore.
Ons lysie is vanaand lank, en dit sal vir ’n hele ruk nog lank wees.
Dankie dat U nie net ons lang versugtinge hoor nie, maar ook ons vrese in woorde sit wat sin maak.
Here Jesus, nederige Heerser van die wêreld, ons glo in U en ons vertrou U.
U is Here, en niemand anders nie.
Amen