Dit is eerskomende Sondag Bybelsondag. Daarom plaas ek vandag hierdie gebed, wat ek vertaal het uit die Book of Common Prayer van die Church of England.

Geseënde Here,
U het die hele Skrif laat opteken om ons te onderrig –
help ons om dit te hoor, te lees,
te onderskei, te leer en in te neem,
sodat ons deur geduld en met die troos van u heilige Woord
die hoop op die ewige lewe mag omhels en altyd vashou;
dié hoop wat U ons geskenk het in ons Verlosser Jesus Christus,
wat leef en met U regeer
in die eenheid van die Heilige Gees,
een God, nou en vir altyd.

image_pdfimage_print

Views: 111

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.