Liewe intekenaar
Ek het my oorspronklike boek “Die Bybelkoerant” nou volledig met julle op Dinsdae gedeel, so ek moet ongelukkig hierdie rubriek nou staak. Ek werk nog aan ‘n nuwe konsep (of liewer, ek dink nog wat ek volgende gaan doen). So dalk sal dié rubriek herleef in ‘n nuwe gedaante. Ek sal maar sien. As jy ‘n wenk of voorstel het, kan jy my gerus laat weet.
Intussen wil ek jou bekendstel aan ‘n ander rubriek wat daagliks uitgaan: “Lees die Bybel saam met my”. Ek lees elke dag ‘n hoofstuk van die Bybel saam met my gemeente, en stuur dan ‘n kort oordenking/verklaring oor die hoofstuk uit. Ek is al ver oor die helfte van die Bybel daarmee, maar beoog om daarmee aan te gaan, selfs nadat ek die Bybel deur is. Jy is welkom om op dié rubriek in te teken as jy belangstel. Jy kan sommer op die skakel “Bestuur subskripsies” onder-aan die epos klik om jou intekening op te dateer.
Dankie dat jy saam met my opgewonde is oor die Bybel.
Vriendelik groete
Views: 45