Hierdie antwoorde het ek by my katkisante gekry. Ek het die gebruik gehad om ‘n algemene kennis-toetsie aan die begin van die jaar vir my belydenisklas te gee, dat ek darem ‘n idee het wie voor my sit. Ek het maar later opgehou.
Waaruit het God Adam en Eva geskep?
uit die appelboom
Wat het met Lot se vrou gebeur?
Sy was bedags ‘n soutpilaar, en snags ‘n vuurkolom.
Wat het by die Rooisee gebeur?
Moses het die Hebreërs na die Rooi See gelei, waar hulle ongesuurde brood gemaak het. Dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak word.
Wat is die Eerste Gebod?
toe Eva vir Adam gesê het om die appel te eet.
Wie was Elia en Elia?
Elia was ‘n profeet, en Elisa sy vrou.
Elia en Elisa was twee bywywe van Salomo.
Wat is die mense wat Jesus gevolg het, genoem?
die twaalf desibels
Wat noem ons die gebod dat ’n Christen net een vrou behoort te hê?
monotomie.
Wat is die epistels?
die vrouens van die apostels.
Uit hoeveel dele (“tafels”) bestaan die Wet van God?
Twaalf.
Gee ‘n samevatting van die inhoud van elke tafel (in volgorde).
dankbaarheid, eerlikheid, afguns, jaloesie, haat, vyandigheid.
Skryf die Tien Gebooie in enige volgorde neer.
3, 6, 1, 8, 4, 5, 9, 2, 10, 7.
Hoekom het Josef en Maria vir Jesus saamgevat na die tempel in Jerusalem?
Omdat hulle nie ‘n kinderoppasser kon kry om na Hom te kyk nie.
Wie was die twee groot Hervormers?
Kalfyn en Jan van Riebeeck
Bloemheuwel en Heuwelsig
Gustav Preller.
Wat is ‘n sekte?
Iemand wat preek.
Noem drie vername sektes?
Algemene Sinode; predikante, ouderlinge en diakens.
‘n Paar gemeentes wat saam gegroepeer word noem ons …
Berggemeentes
Wat is die drie besondere ampte in die NG Kerk?
Priester en die pous
Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe (Heidelbergse Kategismus vraag 1)?
Dis ‘n meisietjie wat daar anderkant die rivier woon.
Views: 136