deur Jimi le Roux
Hemelse Vader, ek bid vandag vir ‘n land van vrede –
‘n land waar elkeen veilig kan voel,
‘n land waar elkeen eerlik kan werk en sy wins kan geniet,
‘n land waar elkeen werk het om vir sy kinders te kan sorg;
ek bid vir ‘n land waar integriteit op prys gestel word –
‘n land waar die regering werklik vir die mense is,
‘n land waar die arme en behoeftige opgehef kan word,
‘n land waar u waardes op alle vlakke uitgeleef word.
Ek bid vir ‘n land waarin respek ‘n plek het,
waarin ons om ‘n tafel kan sit,
waarin ons ‘n pad kan stap,
waarin ons soos u kinders dink en reageer.
Ek bid vir daardie eendagland, Here,
en ook vir my eie land
Suid-Afrika,
Amen.
Views: 204