Ek het al oor die Drie-eenheid geskryf. Jy kan dit hier en hier lees:

In Rom 8 pas Paulus dit baie mooi toe op ons elke-dagse situasie. Jy ken mos die hoofstuk, waar hy uitspel hoe die Heilige Gees in ons lewens werk sodat ons geloofsekerheid kan hê (kyk gerus na vers 14-16). En dan, aan die einde van die hoofstuk, skryf hy in vers 26-27: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.”

In vers 31 sê hy: “God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?”

En in vers 34: “Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.”

Die Gees bid vir ons en namens ons. Die Vader is aan ons kant. Die Seun pleit vir ons.

Die Drie-enige God is in al God se wysheid, besorgdheid, liefde en voorsiening by ons elkeen betrokke as Vader, Seun en Gees. Wat ’n wonderlike weelde om ons te verbly en te troos!

image_pdfimage_print

Views: 24

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.