1 Kon 1:5,6
Intussen het Adonia, seun van Dawid en sy vrou Gaggit, ewe hoogmoedig by homself gedink: ek gaan binnekort koning wees … Sy vader het hom van kleins af nooit berispe of vir hom gevra: “Hoekom maak jy so?” nie.

Ek wonder nogal hoe koning Dawid se dag verloop het, so tussen die landsadministrasie, die organisasie van die tempeldiens, die oorloë en sy vrouens deur – en hy het baie gehad! En iewers tussen al sy verpligtinge was daar nog sy kinders ook.

Uit die Bybel wil dit lyk of hy nie te veel tyd en energie vir sy kinders oorgehad het nie. Daarom het die klomp ook nie te goed uitgedraai nie. Amnon, die oudste, het vir Tamar, sy halfsuster, verkrag – en Dawid doen niks daaraan nie. Toe neem Tamar se broer Absalom wraak en vermoor vir Amnon. Uiteindelik probeer hy die troon by sy pa afvat en sneuwel hy in die proses. Die volgende in die ry is Adonia, van wie jy in vandag se teks gelees het.

Dit was seker nie alles Dawid se skuld nie. Maar die Bybel stel hom nie blaamloos nie.

En jy? Hoe vaar jý as ouer?

Jou kind kan sy geleerdheid nog by die skool agterlaat; sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf. (CJ Langenhoven)

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.