Ek is nou amptelik ‘n pensioenaris, ná 40 jaar diens as predikant, vir 2 jaar in die weermag as diensplig-kapelaan, en vir 38 jaar as voltydse predikant. Wat ‘n voorreg het die Here my nie gegee nie! Ek kyk terug met diepe dankbaarheid oor ‘n bediening waarin die Here my kon gebruik, en die talle mense wat ek langs die pad kon ontmoet. My lewe is ryk.
Nou verander alles skielik, en ek is sonder werk, of liewer, sonder amptelike werk. Ek het nie meer ‘n baas nie. Dis natuurlik menslik gesproke, want ek wil, soos Paulus in 2 Kor 5:14, sê: Die liefde van Christus dring my. Ek beoog daarom om steeds voort te gaan met my epos- en WhatsApp-bediening, so jy sal nog gereeld my skrywes ontvang. Dit is heeltemal gratis en sal gratis bly.
Dit is egter so dat my pensioen nie vergelykbaar is met die pakket wat ek as predikant gekry het nie. Daarom neem ek vrymoedigheid om te vra of jy dit nie wil oorweeg om my bediening finansieël te ondersteun nie. ‘n Klein bedraggie elke maand, of ‘n eenmalige bydrae soos en wanneer jy daartoe gelei word, sal baie welkom wees. Jy is onder geen verpligting nie, en jy hoef nie verskoning te maak as jy nie jou weg oop sien nie. Dis vrywillig.
My bankbesonderhede is:
Naam van bank: | FNB |
Taknommer: | 250655 |
Tipe rekening: | Spaar |
Rekeningnaam: | Bybelkoerant |
Rekeningnommer: | 62727549993 |
Verwysing: | jou naam & epos-adres |
Views: 82