Ef 6:11,18
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel … Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.
In Ef 6 skryf Paulus dat ons worstelstryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die magte van die Bose. Hy vertel dan vir ons hoe ons ons moet bewapen sodat ons teen die aanslae van Satan staande kan bly. Een ná die ander noem hy die wapenrusting op: die waarheid as gordel, die vryspraak deur God as borsharnas, die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete, geloof as skild in die hand, verlossing as helm en die swaard van die Gees (vers 14-17).
Gebed is nie een van die wapens in ons arsenaal nie. Gebed is die wagparade. Wanneer ons bid, meld ons ons vir diens by ons hemelse Bevelvoerder aan, sodat Hy vir ons ons opdragte kan gee.
Dit lyk my onnosel om jou eers in die aand te gaan aanmeld, want dan is die geveg van die dag al verby!
Gebed is … ’n bereidverklaring om jou te laat betrek by die uitvoering van God se plan vir die wêreld. (Henk Zeeman)
Views: 15