Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. (2 Tim 3:16,17)

Iemand sê nou die dag vir my dat sy nie kan verstaan hoekom mense nie die Bybel verslind nie. Sy sê as ’n mens verstaan dat die Bybel alles bevat wat God aan ons geopenbaar het; dat daarin alles staan wat God wil hê ons moet weet, sal jy mos die Bybel lees en lees en lees …

Helaas, dit gebeur nie. Miskien is ons te besig. Miskien is ons te lui. Miskien stel ons doodgewoon net nie genoeg belang om te weet wat God alles vir ons wil sê nie. Daarom lees ons die Bybel maar so aan en af.

Die Bybel is God se boek. Daarin openbaar Hy sy hart aan ons. En as jy die verhalende dele in die Bybel lees, kom jy agter hoe sy hart klop, en hoe dit dikwels bloei oor sy mense en sy wêreld.

Kan ek en jy bekostig om dit nie te verslind nie?

’n Godsdiens wat klein genoeg is vir ons begrip, sal nie groot genoeg wees vir ons behoeftes nie.
– Arthur Balfour

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.