Openbaringe 4
Dankie, Hemelse Vader, dat ons onder ’n geopende hemel kan lewe,
dat ons kan weet U sit op die troon,
dat U die geskiedenis en ons lewens in U vaderhande veilig hou.
Dankie, Here Jesus, dat U die Koning van u kerk is en altyd sal bly,
dat U regeer, ook vandag, en dat ons kan weet dat u elke dag van die nuwe jaar sal regeer,
totdat U weer op die wolke van die hemel sal verskyn
en elke oog U sal sien en elke knie voor U sal buig en elke tong sal bely
dat U, Jesus Christus, die Here is, tot lof van die Vader.
O, hoe begeer ons dat daardie dag gou sal aanbreek.
Ons sug en verlang na daardie dag, Here Jesus,
en ons bid opnuut weer: Kom, Here Jesus, ja, kom haastig!
Saam met die kerk deur al die eeue
wil ons ook óns stem kom voeg en U aanbid, Here ons God,
want U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang
omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.
Amen.
Views: 189