Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde … (Gal 5:22)

Van tyd tot tyd hoor ek hoe jongmense sê dat hulle nie nou al hulle lewe vir die Here wil gee nie. Nie dat hulle onverskillig teenoor Hom staan nie. Dis net … Hulle wil eers die lewe geniet.

Waar sou hulle aan so ’n idee gekom het? Dat Christenskap en lewensgenietinge nie in een asem genoem kan word nie? Is dit nie by ons, die Christene, dat hulle dié idee kry nie? Is dit nie waar dat ons lewens dikwels nie van blydskap vertel nie, maar van “moenies” en “magnies”, van alle pret verbode?

As ek die Bybel reg verstaan, het God juis bedoel dat ons lewe vol vreugde moet wees. Dawid skryf bv. in Ps 23:5: “U laat my by ’n feesmaal aansit … ek word oorlaai met hartlikheid.” En Jesus sê self in Joh 10:10: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Lewe dan vandag met oorgawe voor die Here. Hy gun dit vir jou!

Baie mense is so bang om dood te gaan dat hulle nooit begin lewe nie.
– Henry van Dyke, “Counsels by the Way”

image_pdfimage_print

Views: 31

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.