Ons God, ons is te skaam,
ons het nie die vrymoedigheid om ons kop voor U op te tel nie.
Ons sonde is hoog opgestapel,
ons misdade staan hemelhoog.
Van die tyd van ons voorvaders af tot vandag toe is ons bestaan vol oortredings teen U.

Wat kan ons nou sê, ons God?
Ons het toegelaat dat die sonde in ons midde voortwoeker;
ons het niks daaraan gedoen het.
Ons het toegelaat dat ons broers en susters wegraak;
ons het hulle nie gaan opsoek nie.
Ons sien hoedat hulle die spoor byster raak,
en ons het niks gesê nie.

Here God van Israel, U is regverdig.
Hier is ons voor U met ons oortredings,
maar so kan niemand voor U staan nie.
Vergewe daarom, Here! Vergewe ons tog!
Wees ons genadig!

Amen.

image_pdfimage_print

Views: 82

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.