Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe … (Matt. 27:3)
 
Ons weet nie wat Judas beweeg het om Jesus te verraai nie. Ons weet wel dat hy selfs vóór Jesus se kruisiging homself bedink het en probeer het om sy flater reg te stel. Teen daardie tyd het sake egter al só ontwikkel dat niks dit meer kon stop nie. Judas se spyt het te laat gekom.
 
Ek het ook al dikwels gewens ek kon my tong afbyt oor iets wat ek gesê het. Ek was al spyt oor goed wat ek in ’n oomblik van woede of frustrasie gedoen het. Jy waarskynlik ook.
 
’n Mens hoef nie in so ’n situasie te kom nie. Daar ís ’n manier om jou te vrywaar van onbesonne optrede: as jy elke oggend bid om die bewustelike leiding van die Gees van God. Hý kan help om die regte dinge te sê en te doen. Vir jou ook!
 
Met baie praat bly die sonde nie uit nie; 
wie sy woorde tel, is verstandig.
Spreuke 10:19
image_pdfimage_print

Views: 17

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.