Ek verwonder my altyd oor hoe party mense op hoogte bly van die nuutste skinderstories. Het so iemand ’n spesiale antenna vir skindernuus? Of is dit maar net dat die skindertonge agterkom sy hou daarvan om sulke sappige brokkies inligting te kry, en haar dan op hulle “adreslys” plaas?

My skoonpa het altyd gewaarsku dat jy moet oppas as iemand met ’n skinderstorie by jou aankom, want as hy by die volgende persoon kom en die storie oorvertel, sê hy dis jy wat dit gesê het.

As daar nou één skrywer in die Bybel is wat ’n los tong nie kon veel nie, was dit Jakobus. In 1:26 sê hy reguit: “As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.” Miskien het hy met ’n paar skinderbekke in sy gemeente te doen gehad, en praat hy uit ondervinding. Maar dis nie net Jakobus wat oor skinderpraatjies iets te sê het nie. Ons lees al in Lev 19:16: “Jy mag nie loop en skinder nie …” En die Spreuke-digter waarsku ons om weg te bly van iemand wat skinder (20:19), want, sê hy: “Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.” (Spr 16:28)

Hoe dan nou gemaak as iemand by jou wil skinder? Vertel op die plek iets goeds oor die een waaroor die skinderstorie gaan, of verander die onderwerp. As mense agterkom jy praat nie saam nie, verloor die skinderstorie sy sappigheid. Moenie jou ore uitleen vir skinderstories nie, en wees liewer een van dié mense wat nooit ’n skewe woord oor iemand anders sê nie.

image_pdfimage_print

Visits: 36

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.